BONSMARA – DIE NAMIBIESE VELDBEES
BONSMARA – DIE NAMIBIESE VELDBEES
Published: 02 Apr 2015
Ons weet dat Namibië se reënval onvoorspelbaar en wisselvallig is – presies soos tans ondervind word! Alhoewel ons niks kan doen aan die reënval nie, kan ons gelukkig met weldeurdagte seleksie, die beste diere uitsoek om onder hierdie droë en moeilike toestande mee te boer. Dis in die hande van stoettelers om hierdie tipe diere te teel, uit te soek en dan aan die kommersiële mark aan te bied om sodoende die totale vleisbeesindustrie te bevorder. Die Hartebeestloop veilingsgroep bied daarom aan die boer ‘n mediumraam bul met aanvaarbare liggaamsmassa. Die bulle vertoon ook goeie groeivermoë en kan gras baie doeltreffend omsit in vleis onder ekstensiewe toestande. Ons het vir die 2015 veiling uiters baie klem geplaas op 5 eienskappe in bulle wat sal verseker dat hulle goed as veldbees in Namibië sal presteer:
- Medium raamgrootte
- Genoegsame Daaglikse Gemiddelde Gewigstoename (GDT)
- Aanvaarbare Volwasse Massa
- Goeie Voeromsetverhouding
- Beste Veld Voeromsetverhouding (Kleiberverhouding)
contact agra
AGRA CORPORATE OFFICE
TEL | +264 61 290 9111
8 Bessemer street, Southern Industria, Windhoek
contact agra
AGRA CORPORATE OFFICE
TEL | +264 61 290 9111
8 Bessemer street, Southern Industria, Windhoek






















