AGRA ONTWIKKELING IN LAFRENZ BYNA VOLTOOI

AGRA ONTWIKKELING IN LAFRENZ BYNA VOLTOOI
Published: 02 Apr 2015
Die splinternuwe ontwikkeling van Agra in die Trustco Industriële Park in die Lafrenz industriële area is byna voltooi. Hierdie is die tweede grootste ontwikkeling van Agra naas die opgradering en uitbreiding van die Auas Valley Inkoopsentrum.
In die Des/Jan Ring het ons 'n kort geskiedenis gegee van die groei van die Agra Windhoek-tak wat gelei het tot die noodsaaklikheid om groter spasie te bekom. Agra het vier erwe met 'n totale grootte van 25 539 m² in die Trustco Industriële Park net langs die B1 roete noord van Windhoek, gekoop. Fondse vir hierdie belegging van ongeveer N$110 miljoen, is verkry by wyse van 'n langtermynlening by die DEG (Duitse Beleggings- en Ontwikkelingskorporasie).
Die totale area van die ontwikkeling beloop 8 325m² en bestaan uit kantore op die laer-, grond- en eerste vloer wat 2 458m² beslaan, winkelarea van 3 250 m² en 'n grootmaatstoorarea van 2 616 m².
Die ontwikkeling sal ook werksgeleenthede vir ongeveer 150 Namibiërs skep. Andries van der Merwe, wat tans aan stuur van sake van die Windhoek tak staan, is aangestel as takbestuurder van die nuwe Agra tak.
Daar word tans druk gewerk om personeel te werf, die konstruksie af te handel en die nuwe winkel en massastoor voor te berei vir die beoogde openingsdatum in Julie 2015.
Spasie vir onder andere 'n restaurant of koffiewinkel, asook ander handel en/of kantoorspasie is nog beskikbaar vir moontlike huurders wat deel wil word van hierdie opwindende ontwikkeling.
contact agra
AGRA CORPORATE OFFICE
TEL | +264 61 290 9111
8 Bessemer street, Southern Industria, Windhoek
contact agra
AGRA CORPORATE OFFICE
TEL | +264 61 290 9111
8 Bessemer street, Southern Industria, Windhoek






















