agra
news

UITGANG AAN DIE VLEISBEDRYF

article header imagesUITGANG AAN DIE VLEISBEDRYF
Published: 03 Mar 2015

 

  • Vleisproduksie is landswyd gebaseer op weidings – hoofsaaklik natuurlike weidings met wisselende voedingswaarde. ‘n Lae wisselvallige en swak verspreide reënvalpatroon is kenmerkend van ons land. Dis ook ‘n feit dat periodieke en/of rampdroogtetoestande `n integrale deel van ons boerdery-omgewing is. Dit het die 2013 seisoen vir ons gewys. In die 2015 seisoen waarin ons onsself nou bevind, ondervind ons ook ‘n dreigende rampdroogte wat waarskynlik groter afmetings gaan aanneem as die 2013 seisoen. Die voeding en versorging van vleisbeeste moet dus altyd gesien word teen die agtergrond van natuurlike weidings met sy tekortkominge en sterk seisoensgeaardheid.
  • Drakrag van produksie-eenhede sal verhoog moet word sodat meer diere aangehou kan word ten einde tred te hou met verhoogde produksiekostes. Voortdurende verhoogde produksiekostes en die impak daarvan op die winsgewendheid van beesboerdery sal deur die bedryf onder die loep geneem moet word.
  • derhalwe steeds die goedkoopste enkele grootste aksie ter bevordering van volhoubare rooivleisproduksie. Die uitroei van indringerbos en die toepassing van drukbeweidingstelsels behoort dus in die verband baie meer 
  • aandag te geniet. Verlore drakrag kapasiteite sal onverwyld herwin moet word.
  • Vestiging van addisionele voerbronne om risiko te verminder ten einde die afronding van diere moontlik te maak raak al hoe belangriker.
  • Integrasie van vee en bewaringslandbou in gemengde produksiestelsels om ekonomiese en ekologiese volhoubaarheid en veerkragtigheid te verseker behoort meer aandag te geniet. Dit sal onder andere ook die uitwerking van klimaatsverandering versag.
  • Die verbod op die invoer van diere vanuit Suid-Afrika, wat enige tyd weer ingestel kan word lei daartoe dat bestaande teelstrategieë hersien en aangepas sal moet word ten einde die genetiese materiaal wat in die land bestaan in stand te hou.
  • Namibië is ‘n land van omgewingsuiterstes en derhalwe is dit belangrik om ‘n balans tussen die 
  • produksieomgewing en markvereistes te vind. Konsentreer daarop om te produseer wat die omgewing waarin jy boer jou toelaat.
  • Noodbemarking van veral vroulike diere in die geval van rampdroogtetoestande is huidiglik ‘n groot probleem. Hieraan sal dringend aandag gegee moet word. Beskik ons land oor duidelik geformuleerde droogtehulp strategieë om produsente in die geval van rampdroogtes by te staan?
  • Stel vas wat die markvereistes is en bepaal of die ras waarmee jy boer ‘n sinvolle bydrae daartoe maak. Rasse verskil merkbaar ten opsigte van aanpasbaarheids- en vrugbaarheidseienskappe asook groeivermoë onder ekstensiewe en intensiewe voedingstoestande.
  • Wanneer diere onder enige boerdery- en/of klimaatstoestande glad is en kondisie behou is dit ‘n goeie aanduiding van gehardheid. Pas hierdie seleksiemaatstaf in u kudde toe.
  • Kruisteling speel ’n omvattende en toenemend belangrike rol. Dit is egter ‘n feit dat die minderheid van hierdie kruisteling programme as effektief en goed beplan beskou kan word. Daar vind nog te veel doellose vermenging (verbastering) van rasse plaas. Indien u onseker is, maak van kundigheid gebruik om u in dié verband te adviseer.
  • Sorg dus dat die ras wat u teel sinvol en met sukses in kruistelingstelsels aangewend kan word.
  • Behoorlik gedefinieërde teeldoelwitte lei daartoe dat telers seleksiebesluite implementeer wat hulle besigheid vir langtermyn ekonomiese volhoubaarheid posisioneer.
  • Eksploitering en uitdaging om molekulêre genetiese teelwaardes in teel- en seleksieprogramme te gebruik is ‘n bykomende uitdaging.
  • Hou ook in gedagte dat die toekomsbehoeftes van verbruikers sagte en natuurlike, gesonde, “free range” vleis is.
  • Baie telers het nog nie die afronding van bulle vir stoetveeveilings onder die knie nie. Gebruik kundiges vir advies sodat bulle wat aangebied word veilingsgereed is.
  • Teling en produksiestelsels sal geherstruktureer moet word. Ons almal wil mos alles op een 5 000 ha plaas produseer m.a.w. speenkalwers, vervangingsverse, store vir veld-en voerkraal afronding asook slagosse. Produsente sal moet begin spesialiseer in dit wat hy kan produseer. Koop vervangingsverse byvoorbeeld by ‘n teler in met wie jy ‘n ooreenkoms aangaan.
  • Die volle produksiepotensiaal van produksie-eenhede sal ontwikkel moet word.
  • Ondergrondse waterbronne sal ontgin moet word.
  • Die konstruksie van opgaardamme in opvanggebiede vir besproeingsdoeleindes sal dringend aandag moet geniet.
  • Omdat elektrisiteit duur is sal sonkrag eksploiteer moet word ten einde besproeiing bekostigbaar te maak.
  • Die ontwikkeling van semi-intensiewe en intensiewe voedingstelsels met die doel om die uitgroei van diere op natuurlike weidings te ondersteun sal indringend aandag moet geniet. Om dit winsgewend te bedryf sal egter die uitdaging wees.
  • Finansiële instellings sal werklik hande moet oopmaak en bekostigbare lenings aan produsente beskikbaar stel om drakrag herwinningstrategieë te implementeer.
  • Abattoirgroepe sal voldoende kapasiteit moet ontwikkel om alle diere plaaslik te verslag.
  • Kleiner abattoirgroepe behoort uitvoerstatus na ander Afrikalande te verkry.
  • Nuwe vleismarkte sal ontgin moet word.

contact agra

AGRA CORPORATE OFFICE

TEL | +264 61 290 9111
8 Bessemer street, Southern Industria, Windhoek

contact agra

AGRA CORPORATE OFFICE

TEL | +264 61 290 9111
8 Bessemer street, Southern Industria, Windhoek

Image
auctions pro vision safari den diy vetmed rosenthal properties auau valley

DISCLAIMER | TERMS AND CONDITIONS | © COPYRIGHT 2021 AGRA LIMITED