AGRA CO-OPERATIVE Ltd. Namibia

 



AGRA Namibia - Printed Media
   
Use one or more keywords to search the entire site

Navigation: Home >>> Printed Media >>> Current Headlines
Home
     
Specials
Weather In Namibia
Livestock
Retail
Wholesale
Contact AGRA
Recruitment
Printed Media
Press Release
Current Headline
Current Ring
Archive
Financial Results
Links



 
 
                                                     
  AGRA CO-OPERATIVE Ltd.
"Ring" Current Headlines
 
 
 
AGRA AS SOSIALE BURGER
 

Agra se sosiale verslag van die 2007/2008 finansiële jaar het getoon dat Agra se plek en verantwoordelikheid as sosiale burger in Namibië belangrik geag word in die besigheid. Dit bly steeds vir Agra belangrik dat ons bydraes relevant bly binne ‘n veranderende ekonomiese raamwerk en dat ons, ons verbintenis om ‘n betekenisvolle verskil tot die welsyn van Namibië te maak, versterk.

Ongeag die uitdagings wat die landbousektor in die gesig staar, bly landbou ‘n belangrike sektor in die Namibiese ekonomie. Aangesien ’n aansienlike deel van ons bevolking direk of indirek afhanklik is van landbou, is die mate waartoe ons die land suksesvol dien van groot belang vir die individue wat ’n bestaan maak uit landbou en ook vir ons gemeenskap in die geheel.

Front Cover of the current edition of The Ring
Download the current
issue of "Ring" here >
 

Agra dra steeds in die 2008/2009 finansiële jaar ruim by tot organisasies en inisiatiewe wat in lyn is met Agra se kernbesigheidsbedrywe en die algehele besigheidstrategie van Agra ondersteun. Een van ons oogmerke is om in die ont-wikkeling van die gemeenskap te belê. Agra het in 2009 reeds 6 openbare in-lig-tings-dae aan----g-e----------bied in same--werk-ing met die Op----komende Boere Onder-steuningsprogram. Hierdie inligtingsdae is in Outjo, Ot-ji----warongo, Groot-fontein, Tsumeb, Go-ba-bis en Omaruru aangebied. Terugvoering rakende hierdie dae toon waardering vir die inisiatief en veral vir die hoë kwaliteit aanbiedings van belangrike onderwerpe waarvoor daar ‘n voortdurende groot behoefte aan kennis bestaan. ‘n Totaal van 155 persone het tot dusver hierdie inligtingsdae bygewoon. Nog drie inligtingsdae word in hierdie jaar aangebied, in Windhoek, Keetmanshoop en Mariental. Agra ondersteun ook verskeie ander belangrike geleenthede waarby die oordra van kennis ‘n belangrike komponent is. Die Dorperinligtingsdag wat op die plaas Hartebeestloop plaasgevind het op 15 April 2009 is deur ongeveer 400 mense bygewoon. Hartebeestloop naby Stampriet was op 27 Mei ook die gasheer vir ‘n ope boeredag waar telers van alle beesrasse meer kon leer oor teelwaardes in vleisbeesteling. Die Top Tien Bonsmara veiling inligtingsdag by die Agra Veilingskrale in Otjiwarongo op 23 en 24 Julie 2009 word ook deur Agra ondersteun.

Georganiseerde landbou is onontbeerlik in ‘n land soos Namibië waar boere so wyd verspreid is. Ondersteuning aan hierdie organisasies is belangrik as teikengroep van Agra maar ook omdat die volhoubare en effektiewe voortbestaan van hierdie organisasies baie tyd, organisasie en geld vereis. By die Meesterakkerbouerdag op 23 April 2009 aangebied deur die Akkerbou Produsente Vereniging op Kombat is nie net belangrike inligting met bestaande en opkomende boere gedeel nie, maar erkenning gegee aan die Besproeiingakkerbouer van die Jaar, Mnr. Mark von Malt-zahn van die plaas Se-gen/Drie-koppies buite Kom-bat. Die jaar--likse Meatco interboere-vereniging-braai-kompetisie, wat ‘n heerlike sosiale ge-leent---heid is vir alle boere-verenigings om saam te kuier om die kospotte, is hierdie jaar deur die Okahandja Boere-vereniging aan-gebied. Sonop Boere---vereni-ging het weg----------------
ge--stap met die louere as beste braaier en moet dus die geleentheid volgende jaar aanbied. Agra het hierdie dag ondersteun en was daar om dit saam met die boere te geniet. Agra het ook die miniskou van die Koës Boerevereniging ondersteun. Dit was nog ‘n waardevolle dag vir boere waar Mnr Sakkie Coetzee van die NLU gesels het oor die belangrikheid van georganiseerde landbou en waardevolle inligting deur boere gedeel is.

Agra is deel van die Kommunale Boere Konsortium, ‘n groep maatskappye wat deur die Namibia Nasionale Boere-unie(NNFU), skouverenigings in die kommunale areas on-dersteun met die aanbied van skoue in hierdie streke, finansieël, maar ook deur middel van opleiding aan die skou-organiseerders deur die NNFU. In die kommersiële sektor beteken die tweede semester van die jaar ook ‘n program vol skoue. Baie skouverenigings betrek Agra, nie net as uitstallers in die handelsafdelings nie, maar ook vir ondersteuning by die lewendehawe afdelings. Soos in die verlede is dit weer eens vir Agra ‘n voorreg om by verskeie lewendhawekampioenskappe betrokke te wees en om skouveilings te hanteer.
Agra en Auas Vet Med het as hoofborg opgetree by die jaarlikse sierduifskou, wat sedert verlede jaar onafhanklik van die Windhoek Skou gehou word en hierdie jaar op 1 en 2 Mei in Windhoek plaasgevind het. Die skou het reeds hierdie jaar merkwaardige groei getoon en die Sierduifvereniging beplan om dit selfs meer en meer uit te brei. Hulle beplan veral om meer jong uitstallers te betrek.

Agra erken en waardeer inisiatiewe wat fokus op ontwikkeling van ons jeug. Met die heropening van die Otjiwarongo tak is Agra se verbintenis tot ontwikkeling, ook by die jeug, beklemtoon deur ‘n ruim skenking wat aan die Community Skills Development Centre (COSDEC) oorhandig is. By hierdie sentrum word vaardighede soos sweis, loodgieterwerk en bouwerk geleer aan jong mense. Tydens die oorhandiging van die gereedskap en toerusting aan hierdie sentrum het Mev Birgit Hoffmann beklemtoon dat die persone en vaardighede wat deur COSDEC voorberei word ‘n belangrike rol speel in die landbousektor. Bykomend tot die skenking gee Agra ook ‘n beurs aan twee studente van Agra personeel wat aan hierdie inrigting studeer.

                                                 
 
 
 Home  |  About AGRA  | Contact AGRA  | Recruitment | Livestock | Retail  | Wholesale  | Financial Results  | Printed Media | Links  |  Disclaimer
 
 
© 2004 AGRA • Another web site developed by ProDG